Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Boffin" deur HENRI LAURIE
"Boffin" deur HENRI LAURIE [boodskap #16521] So, 02 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
BOFFIN
Henri Laurie

Wie se program skryf jy so sedig
smeer jy met nerveglue
soldeer jy so fyntjies
sorteer jy die variables en conditionals---
'n denkende miershoop?

Wie se knoppies druk jy so tydsaam
watter afmetings teken jy so vyfsyfer op
watter technical drawings draft jy
lettertjies pyltjies strepies dik en dun---
planne en wishful thinking en skelmstreke?

Wil jy kaart word, route map en byways,
kontoere vir heuwels en riviere droog soos ink?
Wil hy netjies vou en in 'n plastic pocket pas?
Fotokopieë kan maak van jouself?

Watter stom oë agter watter bril,
watter vatlose vingers berei jy jou voor
om mee deursoek te word
kennis te lewer vir woorde en aksie
elders?
Vorige onderwerp: "Nuttige Reseppe" deur C.W. JOUBERT
Volgende onderwerp: "Papajabos" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 20:35:43 MGT 2024